Moet's & Moenie's

1. Hektye: Vrydag - 15:00 | Saterdag - 07:00 Kry jou sitplek vroeg en bring ‘n kombers om op te sit. Die hoofarena is piekniekstyl.

2. Geen vloeistowwe; koeldrank, water, ys of alkohol mag in die feesarena ingebring word nie. Dit sal by die hekke afgeneem word.

3. Geen glase of glashouers sal toegelaat word nie.

4. Genoegsame kosstalletjies en koeldrankstalletjies is beskikbaar, sowel as 'n kontantkroeg.

5. Kaartfasiliteite sal beskikbaar wees.

6. Sambrele en stoele word toegelaat, maar sal slegs in die aangeduide areas geplaas kan word. GEEN GAZEBOS WORD IN DIE HOOFARENA TOEGELAAT NIE.

7. Geen “hubbly” of braaiers word in die hoofarena toegelaat nie.

8. Bring asseblief sonskerm en ‘n baadjie saam.

9. Jy kan jou kaartjie op jou selfoon bring (digitaal) of dit uitdruk.

10. Geen skoliere of onder 18’s sal in die kroegarea toegelaat word nie.